VANZYLSRUS – ‘n Vergete gemeenskap in rykste Provinsie
In sy onlangse Provinsiale Staatsrede het die Premier, Dr Zamani Saul ‘n positiewe, maar fiktiewe prentjie geskets van die ekonomiese groei in die Noord-Kaap en hoe die Provinsie onder sy administrasie floreer. Besoek jy egter Vanzylsrus, sowat 100km vanaf grootskaalse mynbou bedrywighede is dit duidelik dat die tyd vir hierdie vergete gemeenskap gaan stilstaan het…....